Muisbesoek
Erediens Sondag 6 Sept 09h00 Ds Drian
Liewe vriende Hierdie week sluit ons ons drie-week-reeks rondom genade af. Die tema vir hierdie week is: “Genade = geen gevolge?” Iets om oor na te dink, nie waar nie? Ons lees saam uit Josua 7:1–12, en dan ook weer verse 24 en 25. Ek wil jou uitnooi om die gedeelte vooraf te gaan lees. Dalk word die tema sommer self verduidelik – bloot deur die teks. Maar wat beteken dit vir my en jou? Hoe pas dit wat ons die afgelope drie weke saam ontdek het hierby in? En hoe vertolk jy dit vir jouself, vandag? Ek sien uit om Sondag saam met jou hieroor te gesels. Kom, kom sit by die Here se voete. Kom, kom dek die regte tafel. Kom, kom omarm die waarheid dat dit nie klaar is met ons nie. Ek sluit af met iets wat op ons nuwe toep/app staan wat binnekort op die lug gaan kom: “ Ons is jy, jy is ons.” Want saam is ons ’n geloofsfamilie. Ek sien uit om Sondag saam met my familie te kuier – in die teenwoordigheid van die Here. Groete Ds Drian



