NG Gemeente Kameeldrif – Doop Registrasie Vorm
Algemene Gegewens
Ouers
Kontak Inligting
Straatadres
Lidmaatskap
Kinders & Doop
Verklaring deur Ouers
Geloofsbelydenis

Voordat die doop aan julle kind(ers) bedien word, kry julle die geleentheid om aan die hand van die volgende vrae julle geloof te bely:
1. Glo jy/julle in God die Vader wat jou/julle versorg, bewaar en liefhet?
2. Glo jy/julle in Jesus Christus wat vir jou/julle sonde aan die kruis gesterf het?
3. Glo jy/julle in die Heilige Gees wat in jou/julle woon en wat jou/julle rig en lei om volgens die wil van God te lewe?
4. Bely jy/julle dat, hoewel ons kinders as sondaars in die wêreld gekom het en daarom onder die oordeel van God staan, hulle nogtans in Christus aan God behoort en daarom as lidmate van sy gemeente gedoop moet word?
Kan jy jou met die bo-staande belydenis vereenselwig?

Doopbelofte

Die volgende vrae gaan tydens die doop aan u gevra word:
Ouers se Belofte:
1. Beloof jy/julle om hierdie kind(ers), soos hy/sy/hulle groter word, oor die betekenis en eise van die genadeverbond in te lig?
2. Beloof jy/julle om vir hom/haar/hulle 'n voorbeeld te wees van geloof en gehoorsaamheid?
3. Beloof jy/julle om hom/haar/hulle te help om God se beloftes sy/haar/hulle eie te maak?

Dooponderhoud

Ons verklaar hiermee dat ons:
1. Begeer dat ons kindjie gedoop sal word.
2. Vrymoedigheid het om die doopbelofte voor die Here en Sy gemeente af te lê.
3. Glo dat ons deur Sy genade die verantwoordelikheid wat daaraan verbonde is, tot Sy eer sal nakom.

Opmerkings

Hiermee gee ek, lidmaat met bogenoemde. Inligting, toestemming dat hierdie gemeente my inligting soos hier voorsien mag stoor in hulle Winkerk program vir solank soos die gemeente en of sinode die inligting benodig. Ek gee verder toestemming dat my minderjarige kind(ers) se inligting op die keersy van hierdie dokument onder dieselfde voorwaardes gestoor mag word.

An unhandled error has occurred. Reload 🗙